Call Centre: 0861 00 8272

Transnet Boodskap aan Pensioenarisse

Transnet-pensioenarisse se stryd is ‘n geloofsaak soos bewys deur Grondwethof-oorwinning

Mediaverklaring deur:

Adv. Anton Alberts

VF Plus-voorsitter en parlementêre woordvoerder: Vervoer

25 April 2018

Die VF Plus is verheug oor vandag se Grondwethof-uitspraak ten gunste van die Transnet-pensioenarisse aangesien die aangeleentheid vir die sowat 40 000 verarmde pensioentrekkers, wat groot lyding deurgaan, ʼn geloofsaak geword het.

Die VF Plus wil in besonder dankie sê vir die goeie werk wat die onafhanklike regspan in die saak gedoen het wat ʼn deurslaggewende rol in vandag se positiewe uitslag gespeel het.

Ek het sowat drie weke gelede met die Minister van Openbare Ondernemings, mnr. Pravin Gordhan, oor die saak gepraat en hom gewys op die effek wat dit op Transnet en die staat kan hê indien die Grondwethof teen Transnet sou beslis, soos nou gebeur het.

Op die minister se versoek het ek ‘n skrywe aan hom gestuur waarin die hele aangeleentheid volledig uiteen gesit is. Hy het dit ontvang en het toe reeds begin om die kwessie te ondersoek.

Die VF Plus sal nou met meer gesag die gesprek met min. Gordhan opvolg sodat hy so gou doenlik met die regspan in gesprek kan tree om hopelik 'n spoedige en billike skikking te beding vir onmiddellike verligting vir die pensioenarisse.


Transnet pensioners’ fight is a matter of faith as proven by Con Court victory

Media release by:

Adv. Anton Alberts

FF Plus chairperson and parliamentary spokesperson: Transport

25 April 2018

The FF Plus is pleased that today the Constitutional Court ruled in favour of the Transnet pensioners seeing as the matter became a matter of faith for many of the approximately 40 000 impoverished pensioners who are suffering greatly.

The FF Plus wants to thank the independent legal team in particular for their good work, which played a definitive role in today’s positive outcome.

About three weeks ago, I discussed the matter with the Minister of Public Enterprises, Mr Pravin Gordhan, and brought to his attention the impact that a ruling against Transnet would have on Transnet as well as the state and now the Constitutional Court has indeed delivered such a ruling.

On the minister’s request I sent a letter to him explaining the matter in detail. On receipt of it, he immediately started to explore the matter.

The FF Plus will now follow up their discussion with Min Gordhan by requesting that he meets with the legal team as soon as possible in order to hopefully negotiate a speedy and fair settlement that will bring pensioners immediate relief.